Subject: APPéL TEEN DIE OMGEWINGSMAGTIGING VAN DIE 765KV TRANSMISSIELYN TUSSEN DIE VOORGESTELDE GAMMA EN OMEGA SUBSTASIES
Geagte Mnr du Toit
Ons is nou deur Herman Grové van die Departement van Omgewingsake en Toerisme in kennis gestel dat die Minister van Water- en Omgewingsake in hierdie stadium nog nie 'n besluit oor die appél geneem het nie. 'n Verslag oor die Erfenisinvloedstudie wat ten opsigte van hierdie voorgestelde ontwikkeling onderneem is, is onlangs ontvang en vir kommentaar aan Erfenis Wes-Kaap voorgelê. Erfenis Wes-Kaap se besluit en aanbevelings hieroor sal, tesame met inligting oor ander omgewingsinvloede en oor die belang van en die verwagte koste verbonde aan verskillende alternatiewe vir die ontwikkeling aan die Minister voorgelê word vir oorweging. Alle appéllante sal ingelig word oor die besluit wat die Minister hieroor sal neem.
Mnr Herman Grové is die Appéladministrateur en is sy kantoor by die departement te Pretoria. Ons wag dus nog vir 'n besluit oor hierdie 765KV transmissielyn wat volgens Eskom se beplanning deur die bokant van Hamlet en die Witzenberg Vallei moet gaan. Ons is ook bewus van die feit dat Eskom beoog om 'n substasie in die Ceres karoo op te rig. Interresantheidshalwe kan ons net meld dat hul nie aan hul konsultante meegedeel het dat daar hangende appélle is nie en wat die substasie betref, geen ander alternatiewe as die betrokke plase Platfontein en Jurgensfontein in die Ceres karoo ondersoek het nie.
Ons berig dus mettertyd weer aan u.
Vriendelik, die uwe
Gerrit van Vuuren
JOUBERT VAN VUUREN ING
VOORTREKKERSTRAAT 84
CERES
6835
|