CHAIN
NOTULE VAN VERGADERING GEHOU OP WOENSDAG, 13 JANUARIE 2010 OM 19:00, BY GAVIN SE HUIS OP DIE PLAAS.
VERWELKOMING
Bibbi heet almal hartlik welkom by ons eerste amptelike vergadering en bedank almal vir hulle teenwoordigheid en opoffering om dit te kom bywoon.
TEENWOORDIG
Bibbi, Gavin, Vanessa, Heidi, Anna-Marie, Mandie, Susan (Tulbagh Veearts), Mev. Hanekom, Rita, Danelle, Tyrone, Jennifer, Gavin se ma & Winston.
VERSKONINGS
Debra Nel
SAKE UIT NOTULE
Daar is amptelik op die naam CHAIN besluit vir ons organisasie & die registasie behoort binne die volgende maand deur te gaan. (Gavin sal aanmekaar opvolg)
Ons het ook `n tydelike gebou in 5de Laan, Tulbagh gekry om vir eers te gebruik.
`n Bankrekening sal by Standard Bank geopen word, sodra die registrasie geskied.
KORRESPONDENSIE
(geen)
FINANSIELE VERSLAG
(nog nie van toepassing)
NUWE SAKE
Bevestiging van ledegelde / wanneer betaalbaar
Ledegelde beloop R50 / jaar en moet so spoedig moontlik by Rita inbetaal word.
Bevestiging van bankrekening
Daar sal `n rekening by Standard Bank, Tulbagh oopgemaak word, waarmee Anna-Marie ons sal help. Anna-Marie sal met Rita die goedkoopste opsies bespreek, wat aan ons behoeftes voldoen, wanneer Chain eers geregistreer is. Die voorstel is `n gewone spaarrekening.
Daar word besluit dat die volgende persone tekenmag sal he:
Mandie / Gavin / Bibbi & Rita
Daar sal `n debietkaart uitgereik word aan: Bibbi Vermaak
Bevestiging van finansiele sake
Rita stel voor dat ons boekjaar Maart 2010 tot Februarie 2011 strek.
Ook sal daar `n kleinkas noukeurig bestuur deur haar bestuur word.
Finansiele state sal ook op die program, Pastell gedoen word.
Rita / Mandy / Bibbi & Gavin sal voorstelle vir system by volgende vergadering deurgee.
Daar sal rekeninge oopgemaak word by bv. Bergrivier Animal Consulting Rooms (Tulbagh Veeartse).
Ook moet Rita kennis dra van alle donasies wat inkom.
Fondsinsamelings / Borge
Hierdie onderwerp kan ons vir dae lank oor gesels, daar het `n paar idees en voorstelle uitgekom onder die lede:
Bibbi:
Chain in Tulbagh, Markdag
Hondeskou
Vanessa:
`Fun walk'met jou hond / kat
(kry bv. borge by Coke & Ubiqua water)
Kunsskool nader om Chain een van die kinders se projekte te maak.
Donasieboekies
`Skeer of Kleur jou hare' - dag
Spinning dag
Chain Charity Shop (2de handse winkel) - Bibbi voorstel
Vanessa om `all-pay' datums by die Munisipaliteit in die hande te kry.
Heidi:
Wynveiling met oom Tiny van Rensburg
Trollies by al die groot supermarket
Hou `n inligtingsaand vir die Tulbagh inwoners, sodat hulle weet waaroor Chain gaan.
Stoporders - R10 per maand
12 maande Kalendar 2011 (kommitee lid met sy dier)
Montpellier saal vir funksies
Rita:
Dans (met sop & cherry)
Blikkies by winkels (Delmonte kontak)
`Drag-show' - Rita & Winston
`Money-to-go-away' aand (13 Feb 2010) - Rita sal met restaurante reel.
Debbie: (het `n epos gestuur)
Ook die blikkies by die winkels &
`n Spay-ghetti en No Balls aand.
Mandie:
Sal met Arida (sanggroep) reel vir `n paar optredes
Stel haarself ook beskikbaar om op te tree.
Vanessa stel Gideon Spence beskikbaar om Mandie klankman te wees indien nodig.
Danielle:
Het `n kontak vir golfhempies. Sy gaan probeer om `n paar geborg te kry
Bystand selfoon en kontaknommer
Daar sal `n enkelnommer wees vir Chain.
Bibbi sal die 2de handse selfoon kry.
Vanessa sal kyk om `n gemaklike nommer by Vodacom direk aan te vra.
Logo
Bibbi het met Triple One Printers, Ceres, gereel vir die ontwerp van `n logo.
Ons moet nog op `n kleur ook besluit.
Poppekas - skole
Die doel hiervan is om kinders in te lig oor bv. mishandeling van diere, die belangrikheid van inentings ens.
Rita het `n kontak vir iemand om `n storie of 3 vir ons te skryf / sal ook die optrede kan doen.
Bibbi sal die hoofte van die verskillende skole kontak en hulle gevoel hierrondom kry.
Heidi sal met Jean O'Neill gesels om vir ons handgemaakte poppe te maak.
By hierdie geleentheid sal ons dan ook die kinders op `n manier bederf, bv. met lekkers / popcorn. (ook `n manier om hul aandag te kry)
Klinieke / Veeartse (& volunteers)
Ons moet besluit op `n spesifieke dag en datum en tyd wanneer hierdie klinieke gehou gaan word, en die gemeenskap moet kennis dra daarvan.
Ook moet daar vrywilligers (met kennis) gereel word om hierdie klinieke te hanteer.
Dr. Thrigaart van Tulbagh Veearts het ingestem om ons te help, en voel baie positief oor Chain, maar sal slegs op afsprake kan werk.
Voorstel vir kliniek: 1 keer / maand (15:00 tot 22:00)
Hy sal ons ook voorsien van `n Starting Kid, wat ons by hierdie klinieke sal benodig. (asook `n checklist) Ook sal Dr.Thrigaardt vir ons `n pryslys en diensrooster deurgee - Bibbi / Vanessa.
Aangesien meeste van ons, wat in die `veld' gaan werk, nog nie baie kennis het oor die korrekte hantering van diere in nood nie, het Dr. Thrighaart voorgestel om vir ons `n crash-course te gee, in basiese noodhulp - baie dankie daarvoor! (`n datum hiervoor moet vasgemaak word - Bibbi)
Gavin sal `n lys na E-News adverteer:
volunteers om te help met klinieke
volunteers om `foster-homes' vir ons diertjies te gee
Ook sal Bibbi ons Tulbagh Polisie se hoof gaan sien vir `n voluteerlys vir polisiemanne om vir Chain `n diens te lewer.
Herold se Adoption Corner
Vanessa sal met Francois van die Witzenberg Herold gesels oor `n `Adoption Corner' in die Herold vir ons te plaas.
Gavin sal gekontak word vir die neem van fotos en plasing daarvan.
Ander sake:
Worcestor Veearts
Mandie noem dat die Worcestor Veeartse ook baie geinterreseerd en belangstelling toon vir Chain. Voorstel is dat hulle direk met ons Tulbagh Veearts in verbinding sal tree indien hulle betrokke wou word.
Maretha (Worcestor Veearts) kan evaluasie kom doen in Tulbagh vir aannemings wat by ons sal plaasvind. Hier sal Mandie ook leiding neem om met Maretha te kommunikeer.
Vrywaring- en klagte vorms
Gavin sal vir ons die vorms van die internet aftrek vir ons kliente om in te vul. Hierdie is baie noodsaaklik.
Naambordjies
Vanessa & Mandie om pryse uit te vind vir die maak van naambordjies vir al die diere wat ons besoek.
`Kennels' en gronde
Bibbi & Gavin om met Witzenberg Munisipaliteit te gaan gesels vir gronde.
Gavin sal ook met Sofie, Vindoux, gesels oor die bou van hokke.
Heidi het ook `n kontak vir die bou van hokke.
Bibbi sal vir ons vanghokke in die hande kry.
DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING
Die datum van die volgende vergadering sal vroegtydig aan almal deurgegee word per epos.
|